Duiwelskloof
Afbeeldingen
Sla de afbeeldingen overArtikel vergelijken
Samenvatting
In die ontoeganklike Duiwelskloof in die Swartberge van die Klein Karoo het 'n verdwaalde groep Voortrekkers onder leiding van die befoeterde patriarg Lukas Lermiet, die Siener, hulle gaan vestig. Vandag, 'n eeu en 'n half later, bring 'n knellende droogte die skrikwekkende gevolge van dié oer-Afrikaanse gemeenskappie se isolasie en inteelt tot 'n uitbarsting. Die katalisator is die gehawende joernalis Flip Lochner – 'n vuil-uil met 'n mislukte huwelik, 'n mislukte loopbaan en 'n mislukte lewe agter hom – wat van buite inkom om die Duiwelskloof se geskiedenis op te skryf en verseil raak tussen die plek se mense, die donker geheim wat die gemeenskap so naarstig probeer bewaar, en al die stories wat hulle daar rondom versin. Oor 'n man wat sewentien kinders op sy teenstander se graf verwek het. 'n Vrou wat met volmaan in 'n bokooi verander. 'n Swerwer wat die Duisternis van Egipteland in 'n boksie teruggebring het. 'n Man wat deur 'n swerm voëls hemel toe getrek is. 'n Meisie met vier borste . . . En daar is die mense van vandag: Soon Heilig wat die koolkoppe in hulle verdoemenis in preek, Smeed Smit wat probeer om 'n nagmerrie te beslaan, Ouma Liesbet Pruim wat met haar trommeltjie op die dak sit en wag dat die Here haar moet kom haal, Hans Toordenaar met sy gevaarlike gawe oor ander se lewens, Tant Poppie Vollemaan met haar rate vir enigiets behalwe die dood, Henta Voorperske met haar swerm nimfies wat saans kaal in die bloekombos dans. En dan die raaiselagtige Emma wie se lewe met Flip Lochner s'n deurmekaar raak, met gevolge wat niemand kon voorsien nie.Onbeteuelde humor, 'n onheilspellende opbou van bose magte, 'n wemeling van stories, 'n allegorie oor die ontstaan van geskiedenis, 'n hellevaart, 'n besinning oor die Suid-Afrika van gister en vandag, 'n beurtelings makabere en uitbundige spel van die verbeelding . . . dit alles is Duiwelskloof. Die roman is in 1999 bekroon met die W.A Hofmeyrprys.
Productspecificaties
Wij vonden geen specificaties voor jouw zoekopdracht '{SEARCH}'.
Inhoud
- Taal
- af
- Bindwijze
- Paperback
- Aantal pagina's
- 363
- Kaarten inbegrepen
- Nee
Betrokkenen
- Hoofdauteur
- Andre P. Brink
Overige kenmerken
- Editie
- Tweede
- Extra groot lettertype
- Nee
- Studieboek
- Nee
- Verpakking breedte
- 155 mm
- Verpakking hoogte
- 20 mm
- Verpakking lengte
- 220 mm
EAN
- EAN
- 9780798140164
Kies gewenste uitvoering
Kies je bindwijze
(3)
Prijsinformatie en bestellen
Rapporteer dit artikel
Je wilt melding doen van illegale inhoud over dit artikel:
- Ik wil melding doen als klant
- Ik wil melding doen als autoriteit of trusted flagger
- Ik wil melding doen als partner
- Ik wil melding doen als merkhouder
Geen klant, autoriteit, trusted flagger, merkhouder of partner? Gebruik dan onderstaande link om melding te doen.